
Leer my lees- Tippie reeks #1 (Boeke 1 – 10)
8th February 2016
Liefde is nie Tjoklits nie
5th April 2016Leer my lees- Tippie reeks #2 (Boeke 1 – 10)
R420.00
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik-geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos “eu”, “ie” en “ou” bekend.
Die eerste tien boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.
Elke boek in die reeks bevat:
- ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners;
- helder, kindervriendelik illustrasies;
- ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.
Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!
Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil Jose en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip sal bevorder.
Boeke in die 2de reeks:
1. Tippie en die boom (ISBN: 9780799372779)
2. Tippie en die haas (ISBN: 9780799372786)
3. Tippie en die duur mat (ISBN: 9780799372793)
4. Tippie en die leer (ISBN: 9780799372809)
5. Tippie en die uil (ISBN: 9780799372816)
6. Tippie se neus jeuk (ISBN: 9780799372823)
7. Tippie en die mier (ISBN: 9780799372830)
8. Tippie se kous (ISBN: 9780799372847)
9. Tippie soek ’n boek (ISBN: 9780799375541)
10. Tippie en die braai (ISBN: 9780799375558)
1 in stock