
Prettige Feite: Van my Kop tot my Tone
13th July 2020
More Magical Fairy Fun
13th July 2020Prettige Feite: Wonders van die Woud
R100.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Wonders van die woud Maak kennis met al die oulike diere en ongelooflike dinge in ’n woud – van hasies tot bere en goggas – in hierdie opvoedkundige projekboek. Elke bladsy bevat asemrowende foto’s met maklik verstaanbare teks en eenvoudige stap vir stap instruksies wat jong lesers kan volg om elke projek te voltooi. Maak ’n oulike dennebol-uil, ’n beermasker, heerlike bessie-ysies, en vele meer. Perfek vir kinders wat versot is op die buitelewe!
4 in stock