Diary of a Wimpy Kid #15: The Deep End
30th October 2020Top Model – Pocket Colouring Book
5th November 2020Die Kind (2006 Uitgawe)
R250.00
Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. “Ek sien jou,” het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wereld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om ‘n groot man te word – ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar ‘n kind kan nie tussen twee ma’s staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Jan van Tonder, skrywer van Aandenking vir ‘n vry man, Roepman en Is Sagie het geen bekendstelling nodig nie. Sy krag le in sy vermoe om met min woorde en groot subtiliteit te beeld en te suggereer – soos ook in sy roman Die Kind.
1 in stock