
The World’s Worst Parents
6th June 2021
Dog Man #10: Mothering Heights
10th June 2021Geraamte in die Klas
R175.00
Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op ‘n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop ‘n wildejaagtog op ‘n spoedvarkie, ’n geveg met ‘n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?
‘n Splinternuwe uitgawe van hierdie topverkoper-titel wat beide met ‘n ATKV-Kinderboektoekenning en die MER-prys vir geillustreerde kinderboeke bekroon is.
2 in stock
ISBN: 9780798181778
SKU: NB0317
Categories: Afrikaanse Storieboeke, Books / Boeke, Children / Kinders, Fanie Viljoen, NB, Storieboeke (9+)
Tags: Fanie Viljoen Theodore Key