Babalela #4: Ons Kan!
21st March 2023Daar’s ‘n Towerponie in my Bed
21st March 2023Babalela #2: Diep, Diep in ‘n Donker Bos
R120.00
Wie woon in die diep en donker bos?’ wou almal weet. Saam met Babalela is daar ook ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ‘n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik Babalela, die enigste een wat al ooit ‘n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie … Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in kratte. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?
1 in stock