I Can Roar Like a Dinosaur
7th April 2021Rowley Jefferson’s #3 Awesome Friendly Spooky Stories
8th April 2021Die Drie van Ons
R160.00
Jana wou nog altyd in haar oupa se voetspore volg. Hy was ‘n fantastiese joernalis en hulle het ‘n liefde vir feite gedeel. Maar gedurende die eerste paar maande van haar graadsewe-jaar ontdek sy feite wat baie verskil van die in die boeke op haar rak.
Tannie Kitta wat Jana van kleins af versorg het terwyl haar ouers gewerk het, sterf aan kanker. Sy was Jana se vertroueling en mentor – die grootmens wat haar die heel beste verstaan het. Jana het skaars begin om die dood van haar “ander ma” te verwerk, toe nuwe mense in tannie Kitta se huis intrek.
Jana se beste vriendin, Azzlyn, val dadelik vir die oulike nuwe meisie se aweregse sjarme en kort voor lank voel Jana soos ‘n buitestaander wanneer die drie saam is. In hierdie vreemde tyd van nerens-inpas-nie, vind Jana vertroosting in “ontdekkings” wat sy maak. Gewaarwordinge wat sy getrou aanteken met behulp van haar oupa se ou Remington-tikmasjien.
Stadig maar seker begin sy deelneem instede daarvan om net ‘n toeskouer te wees. Sy ontdek ‘n liefde vir skryf en fotografie, herstel haar vriendskap met Azzlyn en Jessie en saam beplan hulle ‘n spesiale afskeid vir tannie Kitta. ‘n Storie oor grootword, verlies, familie, maar boweal ‘n storie oor vriendskap.
Out of stock