
Kop in die Wolke in Kromkieriefontein
21st September 2018
Minecraft Guide to PVP Minigames
8th October 2018Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers
R130.00
Die tweede prenteboek in Murray & Me se idioom-reeks, “Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers”, is ’n noodsaaklike toevoeging tot enige kinder-boekrak. Die boek is weereens geskryf deur die aktrise Milan Murray en kleurvol geillustreer deur Marisa du Toit.
Die boek is in rym geskryf met ’n fokus op alliterasie, assonansie en metrum. Die strofes is in tradisionele limiriek-vorm gedruk, sodat die leser maklik die ritme kan volg. Dit maak die boek dus ideaal vir selflees sowel as voorlees.
Grondslagfase leerders is almal in verskillende stadiums in hulle verstaan van abstrakte denke. Hierdie idioom-boek gebruik ‘n konkrete storie om die abstrakte idioom ‘dra die wêreld op sy skouers’ verstaanbaar te maak. Daarmee saam word gesprek uitgelok oor probleme, sorge en bekommernisse en wat ons daarmee kan doen.
Hetta Elizabetta is ‘n sewejarige wat swaar dra aan alles wat haar pla. Op ‘n dag, word die stapel probleme te veel en te swaar… Wat nou?
3 in stock