KOMiNPAS met Afrikaans Eerste Addisionele Taal Gr 4-7
19th October 2015Leer my lees- Tippie reeks #2 (Boeke 1 – 10)
8th February 2016Leer my lees- Tippie reeks #1 (Boeke 1 – 10)
R450.00
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos “a”,“e”,”o”,”y”,”i”,”u” bekend. Die eerste tien boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Dit word gevolg deur reekse 2,3 en 4 en stel die leser aan ingewikkelder klanke bekend.
Elke boek in die reekse bevat: ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners; helder, kindervriendelik illustrasies; ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.
Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginner leesreekse wat tans op die mark is!
1 in stock (can be backordered)