
Prettige Feite: Plaasdiere
13th July 2020
Prettige Feite: Van my Kop tot my Tone
13th July 2020Prettige Feite: Goggas
R100.00
Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Goggas Hierdie boek stel kinders aan inseklewe bekend deur middel van prettige, opvoedkundige aktiwiteite. Ontmoet besige bye, wriemelende wurms, oulike skilpadbesies en al hul goggavriende in hierdie aktiwiteitsboek propvol wonderlike feite. Maak jou eie pragtige skoenlappers, versier koekies, en tel insekte se pote, terwyl jy fantastiese feite oor goggas leer.
3 in stock