
The Go-Away Bird
1st April 2021
Wat Werner doen met sy Drie Miljoen
6th April 2021Vat 5!
R250.00
Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:
- Haasmoles – Jaco Jacobs . Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!
- Parmant – Leon de Villiers . Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en Jakkals wil oor sy skubbe streel. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.
- Die Coolste Ouma op Aarde – Marita van der Vyver . Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet ’n paar fantastiese oumas… Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomklim. Ander oumas laat jou die lepel aflek as hulle koek bak of kan seerplekke beter soen. Maar een ding is seker: ’n Regte, egte ouma is altyd hope pret!
- Karla Krullebol – Theresa van Baalen. Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …
- Prinses Mossienes – Wendy Maartens. Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit ’n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na ’n plek waar alles beter is … ’n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van ’n egskeiding te hanteer.
1 in stock
ISBN: 9780639602288
SKU: LP0412
Categories: Afrikaanse Storieboeke, Books / Boeke, Children / Kinders, LAPA, Storieboeke (6+)
Tags: Jaco Jacobs Leon de Villiers Maritha van der Vyver Theresa van Baalen Wendy Maartens