
Theseus
5th September 2022
Speurder Sammi – Die Blou Steen
5th September 2022Wêreld van Wolwe #3: Derde mag
R230.00
“Jou pa is ’n moordenaar,” sis Wolfgang. “Hy moor my weerwolwe. Eendag gaan hy jou ook skiet. Wag maar, daardie dag kom.”
Joshua Reinders se lewe is ’n gemors. Hy dra ’n groot geheim: Hy is ’n weerwolf. En sy pa is ’n weerwolfjagter. Die spanning verhoog egter toe Wolfgang Lycaon in Droomhoek opdaag. Die afskuwelike leier van die Wêreld van Wolwe glo dat Joshua aan hom behoort. En hy wil die seun terughê. Of Joshua gaan sterf.
Maar sal dit werklik gebeur? Joshua sal vir sy lewe moet veg en van Wolfgang ontslae raak.
Daar wag egter nuwe geheime wat Joshua eers moet ontrafel:
Hoekom het hy elke keer bloed aan sy hande as iemand in die dorp wegraak?
Hoe is sy ma werklik dood?
Wat is die derde mag?
7 in stock
ISBN: 9781776354399
SKU: LP0680
Categories: Afrikaanse Storieboeke, Books / Boeke, Children / Kinders, Fanie Viljoen, LAPA, Storieboeke (13+)
Tag: Fanie Viljoen