Jy is ‘n Wens
4th February 2022Kattemaai #1 – Die Bure se Nuwe Dogter
7th February 2022Z-A-K : Die Geheim Van Zenkion
R190.00
Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ‘n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie. Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar? Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitch-hulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie? Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas. Z-A-K: Die geheime van Zenkion is ‘n wetenskapfiksie- en nabye toekomsverhaal. Hierdie is die laaste boek in die reeks. Ure se leesgenot lê vir lesers voor!
2 in stock