Afrikaanse Storieboeke
Ons is baie trots op ons versameling Afrikaanse kinderboeke. Ons hoop om daardeur die liefde vir lees in moedertaal aan te wakker en volhoubaar te maak. Ons versameling steun swaar op plaaslike skrywers om ‘n wonderwêreld van stories en karakters aan kinders, en ouers, voor te stel.
We are proud to offer a wide variety of Afrikaans children’s books, written by brilliant local authors whose creativity and passion shine through on every page. These stories not only entertain but also preserve the language, culture, and heritage, giving young readers the chance to see themselves reflected in the characters and worlds they explore. By supporting local talent right here, we nurture a love of reading while strengthening the vibrant literary community at home.
-
‘n Blonde Bom
R160.00 Buy NowIn die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
-
‘n Boelie, ‘n Bangbroek en ‘n Bende
R110.00 Buy Nown Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).
-
‘n Maat vir Alle Seisoene
R160.00 Buy Now’n Liriese boek oor vriendskap en vriendelikheid wat jong kinders aanmoedig om ander te aanvaar en te ondersteun.
-
‘n Ou soos Jy
R220.00 Buy NowEmma is vasbeslote om hierdie vakansie ‘n ou te kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Kort na hul aankoms by Jeffreysbaai loop sy ‘n sekere blonde branderplankryer raak en klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop ‘n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om ‘n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar … Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop?
-
‘n Plek vir Patat
R130.00 Buy NowPatat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.
-
‘n Wens vir Wiekie
R130.00 Buy NowWiekie woon in ‘n sirkus.
Al is sy net ‘n welpie, begin die leeutemmer haar reeds toertjies leer.
Wiekie se hart is seer.
Sy wil nie soos mamma toertjies doen en in ‘n hok wees nie.
Maama vertel vir Wiekie dat hulle van Afrika kom en gebore is om vry te wees.
Hulle word uit die sirkus gered en na Suid – Afrika geneem.
Daar is Wiekie vry om boom te klim en in die gras te rol. -
‘n Goeie dag vir Boomklim
R210.00 Buy NowPartykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim…
Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds ’n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne. En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.
Maar toe ’n meisie genaamd Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. -
#PresiesAnders #3: Somerskool en Spoke
R155.00 Buy NowZoe oortuig haar tweelingsussie om na ‘n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar ‘n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ‘n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?







