Books / Boeke
Discover our curated selection of books in each category, designed to support learning, spark curiosity, and inspire a love of reading.
-
Fanie Viljoen51 Products
-
Jaco Jacobs184 Products
-
Babies and Toddlers84 Products
-
Children / Kinders1,567 Products
-
Activities/Aktiwiteite141 Products
-
TOPModel35 Products
-
Minecraft / Fortnite1 Product
-
Fact Books (Non-Fiction)200 Products
-
School Text Books and Study Guides431 Products
-
Adult/Volwasse7 Products
-
‘n Blonde Bom
R160.00 Buy NowIn die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
-
‘n Boelie, ‘n Bangbroek en ‘n Bende
R110.00 Buy Nown Boelie, ’n bangbroek en ’n bende gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).
-
‘n Drukkie vir Danser
R130.00 Buy NowDanser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
-
‘n Grootwordgids vir Meisies
R160.00 Buy NowSensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.
-
‘n Grootwordgids vir Seuns

‘n Maat vir Alle Seisoene
R160.00 Buy Now’n Liriese boek oor vriendskap en vriendelikheid wat jong kinders aanmoedig om ander te aanvaar en te ondersteun.
-
‘n Ou soos Jy
R220.00 Buy NowEmma is vasbeslote om hierdie vakansie ‘n ou te kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Kort na hul aankoms by Jeffreysbaai loop sy ‘n sekere blonde branderplankryer raak en klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop ‘n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om ‘n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar … Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop?
-
‘n Plek vir Patat
R130.00 Buy NowPatat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.