Books / Boeke

  • Z is vir Zackie #5: Die Pretpark Buy Now Quick View

    Z is vir Zackie #5: Die Pretpark

    R75,00 Buy Now

    Zackie en Vincent kan nie wag nie. Hulle gaan vandag pretpark toe! Daar is ’n Groot Wiel, ’n Wilde Wipwa en ’n Spooktrein. Maar Anton, die skool se grootste boelie, is ook by die pretpark. Toe hy vir Vincent begin terg, besluit Zackie om hom ’n les te leer!

  • Z is vir Zackie #6 - Die Tent Avontuur Buy Now Quick View

    Z is vir Zackie #6 – Die Tent Avontuur

    R75,00 Buy Now

    Zackie en Vincent is opgewonde. Hulle gaan saam met Zackie se pa kampeer. Die hele naweek lank gaan hulle visvang, voëls kyk en om die kampvuur kuier. Maar Anton en sy pa gaan ook vir die naweek kampeer. Anton is ’n boelie en hy terg graag ander kinders. Gaan hy dit regkry om Zackie en Vincent se naweek te bederf?

  • Z is vir Zackie #7 - Die Woeste Toertjie Buy Now Quick View

    Z is vir Zackie #7 – Die Woeste Toertjie

    R75,00 Buy Now

    Zackie en Vincent wil aan ’n fotokompetisie deelneem. Die beste foto’s kan groot pryse wen. Zackie besluit om sy skaatsplank te gaan haal vir die beste aksiefoto ooit. Maar Anton, die boelie, het ander planne …

  • Z is vir Zackie #8 - Die Slymerige Slakke Buy Now Quick View

    Z is vir Zackie #8 – Die Slymerige Slakke

    R75,00 Buy Now

    Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke! Zackie en Vincent besluit om die slakke te vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle ’n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies! Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet …

  • Z is vir Zackie #9 - Die Dieretuin Buy Now Quick View

    Z is vir Zackie #9 – Die Dieretuin

    R75,00 Buy Now

    Vandag is ‘n spesiale dag.Zackie se klas gaan dieretuin toe! Hulle kan nie wag om die leeus, olifante, apies en ander diere te sien nie.
    Maar Anton gaan ook saam.Anton is ‘n boelie. Hy hou vreeslik baie van spog. En hy gaan sy bes probeer om almal se dag te bederf.

  • Z-A-K : Die Geheim Van Zenkion Buy Now Quick View

    Z-A-K : Die Geheim Van Zenkion

    R190,00 Buy Now

    Die lang reis na die planeet Zenkion is uiteindelik verby, maar vir Mitch Wilson is dit ‘n antiklimaks omdat sy beste vriend, Lionel, dit nie saam met hom tot op Zenkion gemaak het nie. Min weet hy dat hy nog nie die laaste van Lionel gesien het nie. Is die beweringe waar dat die mense van Deltaville iewers op Zenkion aangehou word? Sal Mitch en Lionel dit regkry om hulle gesinne weer te vind, en is Imke se Aarde-ouma ook daar? Imke se pad kruis onverwags met die van haar pa, Drogan. Gaan hy haar probeer verhoed om saam met Mitch-hulle terug te gaan Aarde toe as alles uiteindelik verby is? Wat gaan eintlik op Zenkion aan, en hoe pas die Aardbewoners in die prentjie? Beleef die avontuur saam met die drie vriende en vind uit hoe die laaste stukkies van die legkaart inmekaarpas. Z-A-K: Die geheime van Zenkion is ‘n wetenskapfiksie- en nabye toekomsverhaal. Hierdie is die laaste boek in die reeks. Ure se leesgenot lê vir lesers voor!

  • Z-A-K #1: Die Blou Planeet Buy Now Quick View

    Z-A-K #1: Die Blou Planeet

    R190,00 Buy Now

    Twee wêrelde is op die punt om te bots … Mitch het ‘n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets sleg. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. Op die planeet Zenkion is Imke besig om oor die Blou Planeet te leer. Haar ma was ‘n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Sal Imke die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ‘n soeke na die plek waar elkeen behoort.

  • Z-A-K #2: Die Reis na Zenkion Buy Now Quick View

    Z-A-K #2: Die Reis na Zenkion

    R190,00 Buy Now

    Sluit by Mitch, Lionel en Imke aan vir ’n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en ’n soeke na antwoorde. Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.

Filters
Categories
Age
Search