Gedigte / Rympies
-
Al Staan jy Op Jou Kop en Ander Lawwe Rympies
R100,00 Buy NowHet jy al ‘n weermag Weense worsies gesien? Wat sal jy doen as jou huiswerk wegvlieg? Watter nare dinge gebeur as jy jou pizza met ‘n mes en vurk eet?
Kom baljaar saam in die prettige, holderstebolder rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs. Jy gaan nerens ‘n lawwer rympieboek as die een kry nie – al staan jy op jou kop! Die versameling bevat 58 rympies met illustrasies deur Nici Brockwell. -
Dit is Nie ‘n Boek nie: ‘n Rympie vir elke dag Van die jaar
R250,00 Buy NowDit is nie ’n boek nie …
dis ’n avontuur,
’n lag per dag,
’n sirkus,
’n wipwarit,
’n towertapyt!Hierdie boek bevat ’n rympie vir elke dag van die jaar!
Vertrek saam met Jaco Jacobs op ’n prettige rympiereis in dié bielie van ’n bundel propvol skaterlagrympies.
-
Eisteddfodpret: Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R285,00 Buy NowHet jy al gewens dit was makliker om geskikte materiaal vir kunswedstryde op te spoor? Hierdie bundel is die antwoord!
Die versameling van oorspronklike, voorheen ongepubliseerde gedigte, monoloe en samesprake is perfek vir laerskoolkinders. -
Ek wil nou nie Snaaks wees nie – en ander Skaterlagrympies
R140,00 Buy NowWat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie? kan jy die alfabet van A tot Z burp? Wat is die moeilikste vraag op aarde?
Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie skreeusnaakse rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee!
Briljant vir Eisteddfods!
-
Jy’s Seker nie Ernstig nie en Ander Stories
R180,00 Buy Now’n Toilet wat ontplof?
Marmelade en blaarblasers?
’n Kamer wat soos ’n varkhok lyk?
Jy’s seker nie ernstig nie!’n Goudvis wat blaf?
’n Krokodil in die bad?
Haas wat vir Skilpad in ’n resies wen?
Jy’s seker nie ernstig nie!Die rympies in dié lekker lawwe bundel is glad nie ernstig nie! Dit is bedoel om jou te laat skater van die lag. Jaco Jacobs se gewilde rympies is perfek vir voorlees en voordra.
-
Krok en Dil se Blou Alfabetboek
R50,00 Buy NowKrok en Dil het pret van A tot Z! Maak kennis met die letters van die alfabet in hierdie prettige, kleurvolle boek, perfek vir beginnerlesers.
-
Krok en Dil se Rooi Rympieboek
R50,00 Buy NowKrok en Dil hou van rympies!
Hierdie rooi rympieboek is propvol prettige rympies.
Voer dit op!
Leer dit uit jou kop!
Of lees dit net
vir die pret!
Perfek vir voorlees en selflees. -
My Rympies Bybel (Kartonboek)
R225,00 Buy NowStel kleintjies bekend aan geliefde stories van die Bybel. Leer hulle oor Noag se drywende dieretuin, dapper klein Dawid, en saggeaarde Jesus. Veertien verhale word oorvertel met eenvoudige, onvergeetlike rympies wat kleuters keer op keer sal wil hoor. Elke storie en illustrasie is spesiaal vir kleuters geskep en is perfek vir voorlees en as geskenk vir ‘n doop, ooievaarstee, Kersfees en ander spesiale geleenthede. Hierdie boek sal ‘n gekoesterde versameling in enige huis wees!







