Storieboeke (9+)

  • ‘n Goeie dag vir Boomklim Buy Now Quick View

    ‘n Goeie dag vir Boomklim

    R210.00 Buy Now

    Partykeer doen ’n mens in ’n oogwink iets wat jou hele lewe verander. Soos om agter ’n vreemde meisiekind aan in ’n boom te klim…
    Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Sy ouer broer breek swemrekords en meisies se harte. Sy kleinboetie is op nege reeds ’n uitgeslape entrepreneur met briljante geldmaakplanne. En Marnus-die-middelmannetjie voel partykeer asof hy onsigbaar is.
    Maar toe ’n meisie genaamd Leila een oggend aan Marnus-hulle se deur kom klop en vra hy moet ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur.

  • Agent Snoet Omnibus (5 in 1) Buy Now Quick View

    Agent Snoet Omnibus (5 in 1)

    R290.00 Buy Now

    Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat …Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino.
    Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:
    Agent Snoet en die Botterdiamant
    Agent Snoet en die Kattekwaad
    Agent Snoet en die Hondelewe
    Agent Snoet en die Groen Genugtig
    Agent snoet en die Windlawaai

  • Aksieheld Austin #1- Operasie Sabotasie Buy Now Quick View

    Aksieheld Austin #1- Operasie Sabotasie

    R190.00 Buy Now

    Ewald is baie opgewonde toe hy die rol van Aksieheld Austin in ’n fliek losslaan. Maar iets is nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. As Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees …

  • Aksieheld Austin #2 - Nag van Grille Buy Now Quick View

    Aksieheld Austin #2 – Nag van Grille

    R190.00 Buy Now

    Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.

    Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …

    As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!

  • Placeholder Buy Now Quick View

    Aksieheld Austin #3- Onheil op Skedelbaai

    R190.00 Buy Now

    Die derdie fliek, Onheil op skedelbaai, word op ‘n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ‘n ongeluk, iemand probeer Ewald met ‘n mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die lighuis se trappe afgegooi – en daar is ‘n reusehaai wat in die baai rondswem. Dan is daar nog Melita – die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf. Hierdie reeks is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie!

  • Aksieheld Austin #4- Doodskreet van die Dino's Buy Now Quick View

    Aksieheld Austin #4- Doodskreet van die Dino’s

    R190.00 Buy Now

    LIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie groot T-rex’e. Dis natuurlik nie regte dinosourusse nie. Maar hulle is wel lewensgetroue robotte. Iets gaan egter fout tydens die verfilming. Die dino’s begin soos regte T-rex’e optree. Dis slegte nuus vir die twee ouens, want hulle verloor hul pad in die oerwoud … en nou begin die dino’s hulle jag. Sal Ewald en Cardo ooit lewendig uit die oerwoud kom? Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

  • Aksieheld Austin #5 - Redding op die Rooi Planeet Buy Now Quick View

    Aksieheld Austin #5 – Redding op die Rooi Planeet

    R190.00 Buy Now

    Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks! Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en Lex, wat ook die gesogte rol wil hê. Teen die agtergrond van ‘n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?

  • As ek jy was Buy Now Quick View

    As ek jy was

    R210.00 Buy Now

    Gretchen and Barbara despise each other. Gretchen lands a drama lead but faces bullying over her weight, while popular Barbara is the bully. A mysterious woman hands them wishing powder, causing chaos: Barbara lands in Gretchen’s body at health camp, and Gretchen finds herself in Barbara’s body at drama camp!. Forced into each other’s shoes, will their wishes finally come true? A fun and heartfelt tale on bullying, body image and friendship.