Storieboeke (9+)
-
Bobbob en die Kalahari Kloutjie
R185,00 Buy NowBOBBOB, ‘n wese van die planeet Ploemplaf, se ruimteskip stort in die Kalahari neer. Tydens die atmosferiese impak breek 9 ploemplafstene van sy skip af, en beland elk in ‘n ander provinsie. BOBBOB kan slegs terugkeer na sy planeet indien hy al nege stene opgespoor het. Hy span sy tegnologie in en neem die vorm van ‘n meerkat aan om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so begin BOBBOB die robo-meerkat se avonture deur Suid-Afrika. . .
-
Bobbob en die Rebelse Rugbybal
R185,00 Buy NowIn BOBBOB die robo-meerkat en die rebelse rugbybal wil Tumi desperaat die Goudrand-rugbyspan haal. Hy is vinnig, maar kan nie goed vang nie. In Pretoria oefen hy en De Wet onder die jakarandas, tot hulle die tweede ploemplafsteen ontdek en vir BOBBOB ontmoet! Hulle beland in ’n Gauteng-avontuur van Gold Reef City tot Loftus. Sal BOBBOB kan help dat Tumi die span haal?
-
Bravo! Charlie
R210,00 Buy NowWat het geword van elke man vir homself? Charlie Flets is 17, taai en ʼn 800m atleet op pad na SA’s. Behalwe vir sy skaaphond buddy, Bravo, en vriend, Jordan Jafta, probeer Charlie sy bes om solo te vlieg. Probeer … Dis makliker gesê as gedaan, veral as jou buddies moeilikheid kry. Terwyl hy bloed sweet op die atletiekbaan, maak hy seker dat hy nie per ongeluk ʼn barmhartige Samaritaan soos die res van sy gesin word nie. Hy fokus eerder op sy eie oorlewing, want hy haat dit dat sy pa ’n helikoptervlieënier in die lewensgevaarlike Soedan is en hy haat dit dat sy ma alles en almal in nood help. Soos die uiters vreemde tannie San wat haar intrek in sý buitekamer kom neem het. En dan tel Charlie teensinnig ʼn verlore joernaal op en teen sy beterwete probeer hy die eienaar opspoor. Skielik word sy eie planne van alleen leef ontspoor, want die joernaal maak ʼn ander wêreld vir hom oop.
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #02 – Rodrick Regeer
R170,00 Buy NowMet die aanbreek van die nuwe skooljaar, is Greg ywerig om die afgelope drie maande agter hom te sit… veral een insident. Wat jy ook al doen, moenie vir Greg Heffley vra hoe hy sy vakansie spandeer het nie, want hy wil definitief nie daaroor praat nie. Ongelukkig weet Greg se ouer broer, Rodrick, van die geheim wat Greg graag wil wegsteek. Maar geheime het ´n manier om uit te lek… veral as´n dagboek ter sprake is.
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae
R170,00 Buy NowDie lewe was beter in die ou dae. Of nie?
Dis die vraag wat Greg Heffley in Dagboek van ’n Wimpy Kid #10: Goeie Ou Dae homself afvra terwyl sy dorp alle elektroniese toerusting afskakel. Maar die hedendaagse lewe het sy geriewe, en Greg is nie vir ’n ouderwetse wêreld uitgeknip nie.
Gaan Greg ’n manier vind om te oorleef terwyl spanning binne en buite die Heffley-huishouding opbou?
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #11 – Kluitjies Bak
R170,00 Buy NowDie druk laai op teen Greg Heffley. Sy ma dink videospeletjies maak souskluitjies van sy brein, en sy wil hê hy moet die kontroles wegpak en sy “kreatiewe sy” verken.
En asof dít nie vreesaanjaend genoeg is nie, is Halloween om die draai.
Sy lewe is ’n riller!
Dan ontdek hy ’n pakkie suurwurms, en dit gee hom ’n plan. Kan Greg sy ma paai met sy eie fliek, en kan dit hom sommer ook ryk en beroemd maak? Of gaan sy wit leuentjies hom inhaal en sy sorge vererger?
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #12 Wegkomkans
R170,00 Buy NowGreg Heffley en sy gesin kies koers uit die dorp. Met die koue weer en die druk van die naderende vakansietyd, besluit die Heffleys om na ’n oord op ’n tropiese eiland te ontvlug om ’n slaggie te rus en uit te span. ’n Paar dae in die paradys behoort wondere vir Greg en sy doodmoeë gesin te verrig.Maar die Heffl eys ontdek spoedig die paradys is nie alles wat mens daarvan hoor nie. Sonsteek, ’n maagaandoening en giftige goggas dreig om die gesin se vakansie te bederf.Kan hulle reis gered word, of gaan hierdie eilandbesoek op ’n ramp uitloop? -
Dagboek van ‘n Wimpy kid #13 Koue Voete
R170,00 Buy Now’n Sneeustorm veroorsaak dat Greg Heffl ey se skool moet sluit, en sy buurt verander in ’n ysige slagveld. Vyandige groepe baklei om grondgebied, bou enorme sneeuforte en voer epiese sneeubalgevegte. En Greg en sy getroue beste vriend, Rowley Jefferson, beland in die spervuur.Greg en Rowley moet bondgenootskappe, verraad en oorlogbendes in ’n stryd om oorlewing trotseer terwyl die buurt in chaos verval. Sal Greg en Rowley as helde uit die stryd tree wanneer die sneeu smelt? Gaan hulle hierdie dag oorleef?







