Storieboeke (6+)

  • 'n Boelie, 'n Bangbroek en 'n Bende Buy Now Quick View

    ‘n Boelie, ‘n Bangbroek en ‘n Bende

    R110.00 Buy Now

    n Boelie, ’n bangbroek en ’n bende  gaan oor die fiktiewe lewens van kinders in Laerskool Steenbras en fokus op die hoofkarakter (Dewaldt) en sy vriende wat deel is van ’n bende. Dit is gebaseer op karakters en ware gebeurtenisse uit die skrywer se kinderdae en word op ’n vars manier vertel deur teks en illustrasies te kombineer. Die leser leer die bende ken deur al die manewales wat in een pouse gebeur. Daar is ook baie ander interessante karakters wat die leser boei, soos Jak (die boelie) en Elsa (die meisie wat hy bewonder).

  • As 'n Olifant op jou Val Buy Now Quick View

    As ‘n Olifant op jou Val

    R135.00 Buy Now

    Tobie vind uit sy beste maat gaan trek. Dit voel asof ’n olifant op hom geval het. Alles gaan aaklig wees sonder Lennie. Hulle bly al van kleins af langs mekaar. Hulle is albei mal oor krieket. Hulle lag vir dieselfde grappe. Hulle albei hou van pizza sonder pynappel. Waar gaan hy weer ’n maat soos Lennie kry? Tobie besluit om ’n plan te maak – ’n plan wat iemand die horriepiep gaan gee!

  • Babalela #2: Diep, Diep in 'n Donker Bos Buy Now Quick View

    Babalela #2: Diep, Diep in ‘n Donker Bos

    R120.00 Buy Now

    Wie woon in die diep en donker bos?’ wou almal weet. Saam met Babalela is daar ook ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ‘n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik  Babalela, die enigste een wat al ooit ‘n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie … Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in kratte. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?

  • Babalela #4: Ons Kan! Buy Now Quick View

    Babalela #4: Ons Kan!

    R150.00 Buy Now

    In die vierde Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ‘n dag ‘n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ‘n reuse-stootskraper. Soos ‘n kwaai bul loop die stootskraper ‘n klomp bome storm. Die bome knak en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig ‘n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!

  • Ben En Die Boelies Buy Now Quick View

    Ben En Die Boelies

    R190.00 Buy Now

    Ben word geteister deur nie net een nie, maar twee boelies by die skool. Die rooikop-tweeling maak hom baie bang en ongelukkig en hy wil nie eers meer skool toe gaan nie. Mamma herinner Ben dat hy nooit hoef bang te wees as Jesus by hom is nie en dat daar ander maniere is om boelies te hanteer. Zuléka Smit se pragtige storie bespreek die sensitiewe tema van boelies, veral by skole, en is gebaseer op haar baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

  • Ben en die Groot Wedstryd Buy Now Quick View

    Ben en die Groot Wedstryd

    R190.00 Buy Now

    Ben gaan in sy heel eerste rugbywedstryd speel. Sy maag gee sommer so ’n wilde draai as hy net aan die wedstryd dink. In die wedstryd druk Ben ’n uitstekende drie … maar onder die verkeerde pale! Sy hartjie voel baie skaam oor hierdie fout, maar Pappa lees vir hom in die Kinderbybel dat hy nie skaam hoef te wees vir foute nie. Ben en die groot wedstryd is ’n lieflike storie wat kinders leer dat dit almal soms foute maak en dat dit jou nie moet onderkry nie, maar dat jy eerder uit foute moet leer en altyd weer probeer.

  • Blou Maandag Buy Now Quick View

    Blou Maandag

    R190.00 Buy Now

    Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

  • Boeliebief - 7 Snaakse Stories Buy Now Quick View

    Boeliebief – 7 Snaakse Stories

    R120.00 Buy Now

    Wat doen ’n mens met duisend blikkies boeliebief?

    Het jou oupa se neushare al die voorblad van die koerant gehaal?

    Hoe lyk ’n verliefde volstruis?

    Wat kan jy alles met die skoolhoof se hartjie-onderbroek aanvang?

    Hierdie boek bevat sewe snaakse stories wat jou gaan laat skater, skree of snork van die lag!