Afrikaans

  • 1001 Grappe Buy Now Quick View

    1001 Grappe

    R280.00 Buy Now

    Lus om die jongklomp te laat lag? Hierdie lawwe versameling met 1 001 grappe sal kinders ure lank laat skaterlag. Daar is blondinegrappe, skoolgrappe, grillerige grappe, gloeilampgrappe, lawwe rympies, snaakse sêgoed, kopkrappers en olifant-grappe.

  • Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek Buy Now Quick View

    Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek

    R180.00 Buy Now
    Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS!
    Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou!
    Klop-klop.
    Wie’s daar?
    Kamele.
    Kamele wie?
    Kamele hare, dis amper tyd vir skool.
  • Krok en Dil se Groen Grappieboek Buy Now Quick View

    Krok en Dil se Groen Grappieboek

    R50.00 Buy Now

    Krok en Dil hou van grappies!
    In hierdie groen grappieboek is hope grappies wat selfs die knorrigste krokodil sal laat skater van die lag.

    Wat noem jy ‘n krokodil met komkommers in sy ore?
    Wat is groen en ruik net soos rooi verf?
    Hoe ruik ‘n baba-krokodil?
    Perfek vir voorlees en selflees.

  • Lekker Lawwe Lagboek - Omnibus 2 Buy Now Quick View

    Lekker Lawwe Lagboek – Omnibus 2

    R90.00 Buy Now

    “n Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme.

    Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees.

    Geillustreer met spotprentjies.

  • Lekkerlag-Pretboek Buy Now Quick View

    Lekkerlag-Pretboek

    R185.00 Buy Now

    Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as mens te veel wortels eet! En jy gaan op die grond rondol as jou maats moet verduidelik waarom hulle kies om ’n mak krokodil se tande te borsel óf eerder in ’n swembad vol spoeg sal swem!

  • Liewe Grapste Grapboek # 2 Buy Now Quick View

    Liewe Grapste Grapboek # 2

    R75.00 Buy Now

    Wie is Ama-dom-dom en wat op aarde is olifantskilfers?

    Wat is ‘n fooskoos en….sompompie?

    As jy graag wil weet sal jy hierdie boek baie gou in die hande moet kry!

     

  • Liewe Grapste Grapboek #1 Buy Now Quick View

    Liewe Grapste Grapboek #1

    R75.00 Buy Now

    Hoekom bulk beeste?

    Hoe spel ‘n mens “paddavissie”?

    Hoekom soen Russiese mans mekaar?

    Om die antwoorde op hierdie en vele ander vrae te kry sal jy nou onmiddelik hierdie boek moet lees!

  • Monstergrappe Buy Now Quick View

    Monstergrappe

    R140.00 Buy Now

    Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde mosters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs ‘n resep om jou eie monsterslym te maak!