Afrikaans

  • 'n Grootwordgids vir Meisies Buy Now Quick View

    ‘n Grootwordgids vir Meisies

    R160.00 Buy Now

    Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.

  • 'n Grootwordgids vir Seuns Buy Now Quick View

    ‘n Grootwordgids vir Seuns

    R160.00 Buy Now

    Sensitiewe en vriendelike gids vir grootword. Vriendelike, gerusstellende en positiewe gids vir meisies wat puberteit nader. Hierdie boek verduidelik al die veranderings wat met tieners gaan gebeur soos hul grootword en ook hoe hierdie veranderinge hulle sal laat voel. Puberteit- en ouerskapkenners Anika Naik en Phil Wilkinson behandel enige bekommernisse wat jong lesers mag hê oor wat “normal” is, verbeter lesers se selfbeeld en stel hul gerus oor al die veranderinge wat hul gaan ondergaan tydens puberteit. Die boek bevat ook leefstyladvies oor onderwerpe soos gesonde eetgewoontes en oefening, en inligting oor hoe puberteit die teenoorgestelde geslag beïnvloed. Onderwerpe in die gids sluit in: Wat is puberteit?; Wat gebeur wanneer?; Hoe werk hormone?; Borste en braʼs; Dieselfde ouderdom, verskillende lywe; Wat gaan aan met my vel?; Sweet en slegte reuke; Nuwe hare op nuwe plekke; Daar onder; Wat is menstruasie?; Praktiese wenke vir menstruasie; Hoe om menstruasie te hanteer; Wat is seks?; Hoe word babas gemaak?; Nuwe gevoelens; Hoe om jou buie te hanteer; Gesonde eetgewoontes; Die voordele van oefening; Selfbeeld en jou lyf; Privaatheid en jou lyf; Puberteit vir seuns; Seuns het ook probleme.

  • 50 Vrae oor... Die Menslike Liggaam Buy Now Quick View

    50 Vrae oor… Die Menslike Liggaam

    R80.00 Buy Now

    Hierdie boek is vir nuuskierige agies wat wonder oor enigiets van die menslike liggaam. Kinders kan alles uitvind oor bene, spiere en veel meer! Die kort vrae en antwoorde maak dat daar maklik en vinnig oor die menslike liggaam geleer kan word. Wat nog, is dat daar ‘n bordspel binne­in die boek is wat gebaseer word op die inligting in die boek. Die bordspel is in plakkaat­formaat wat uit die boek gehaal word, en die spelstukkies vorm deel van die boek. Die inligting in die boek word dan gebruik om die spel te speel en die bordspel- antwoorde na te gaan! Daar is ook twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, en ‘n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur ‘n QR- kode te skandeer! Die QR­kode word met jou slimfoon se kamera geskandeer.

  • 50 Vrae oor... Hoe om my Planeet te Red Buy Now Quick View

    50 Vrae oor… Hoe om my Planeet te Red

    R80.00 Buy Now

    Hierdie boek is vir nuuskierige agies wat wonder oor hoe om ons planeet te red. Kinders kan alles uitvind oor klimaatsverandering, bedreigde spesies en veel meer! Die kort vrae en antwoorde maak dat daar maklik en vinnig oor die planeet en hoe om dit te red, geleer kan word. Wat nog, is dat daar ‘n bordspel binne­in die boek is wat gebaseer word op die inligting in die boek. Die bordspel is in
    plakkaat­formaat wat uit die boek gehaal word, en die spelstukkies vorm deel van die boek. Die inligting in die boek word dan gebruik om die spel te speel en die bordspel­antwoorde na te gaan! Daar is ook twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, en ‘n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur ‘n QR­kode te skandeer! Die QR­kode word met jou slimfoon se kamera geskandeer.

  • Afrikaans +: Everything you need to obtain top marks Buy Now Quick View

    Afrikaans +: Everything you need to obtain top marks

    R250.00 Buy Now

    A learner-friendly guidebook for Afrikaans Additional Language learners, with the explanations in English, filled to the brim with examples and with lots of free online support for both the DBE and IEB classroom, up to date with the latest AWS. Afrikaans+ is a learner-friendly guidebook which caters for additional language learners who want to achieve better marks in Afrikaans. This practical guide contains explanations in English and is filled to the brim with examples. It explains tests and exams used for both the DBE and IEB and was written by a panel of educational experts who understand the needs of additional language learners.

    This book is completely up to date. The Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) has just been re-issued, blindsiding many a teacher with the changes in Afrikaans grammar rules. While the AWS is seen as the touchstone for Afrikaans language practitioners, it could be a daunting book to use in the classroom. Afrikaans+ was written with the most recent changes to the AWS in mind, and presents these grammar rules in a clear, practical manner.

    Every chapter in the book also offers free online support – exercises, answers and examples – which will be kept up to date by the panel.

  • Aktiwiteitsboek Die Klein boek van-reeks Buy Now Quick View

    Aktiwiteitsboek Die Klein boek van-reeks

    R180.00 Buy Now

    ’n Heerlike doen-saam-aktiwiteitsboek vir die klaskamer. Gebaseer op die eerste ses boekies van Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen. Tekste uit elk van die ses boekies word gebruik met begripsvrae, tematiese gesprekspunte, lekker pret mondeling- en skryfaktiwiteite. Die ses boekies is: Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van hipercool hondetoertjies, Die klein boek van skitterende speelgoed, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die klein boek van mal modes

  • Best Books - Platsak maak 'n Plan Buy Now Quick View

    Best Books – Platsak maak ‘n Plan

    R170.00 Buy Now

    Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, ‘n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ʼn lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .

    “Die verhaal, beurtelings vertel vanuit die perspektief van Ethan en sy hondemaat, Leo, speel, met uitsondering van die pro- en epiloog, oor die verloop van ʼn paar maande af. Die probleem waarmee die karakters gekonfronteer word, word kenmerkend aan die genre, reeds in die eerste hoofstuk duidelik wanneer Ethan se pa aankondig dat die gesin binnekort na Nieu-Seeland gaan verhuis. Dié onverwagse aankondiging versteur Ethan se vertroude wêreld en bring verskeie uitdagings mee, waarvan die belangrikste om geld bymekaar te maak om Leo saam te kan neem na die nuwe land. Ook ander ervarings van verlies wat met emigrasie gepaard gaan, is in die storie verweef, soos verlore sportgeleenthede, versurende vriendskapsverhoudings, probleme by die skool – probleme waarmee die meeste jong lesers hulle kan vereenselwig.

    Ondersteuningsmateriaal gratis – kontact The Book Box
  • Blinkertjies in Pa se Baard en Ander Skitterende Stories Buy Now Quick View

    Blinkertjies in Pa se Baard en Ander Skitterende Stories

    R180.00 Buy Now

    ’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Susan Ongansie, Anzil Kulsen, Annerlé Barnard, Elizabeth Wasserman, Fanie Viljoen … en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.