Afrikaans
-
Grondslagfasewoordeboek / Foundation Phase dictionary Afrikaans-Engels / English-Afrikaans
R260,00 Buy Now‘Die Pharos Grondslagfasewoordeboek Afrikaans-Engels/English-Afrikaans is ‘n splinternuwe toevoeging tot Pharos se skoolwoordeboekfamilie vir leerders van graad 1 tot 4. Leerders raak op ‘n eenvoudige manier vertroud met hoe ‘n vertalende woordeboek werk, sodat hulle later met selfvertroue woordeboeke vir die Intermediêre Fase en Senior Fase sal kan gebruik.
Volwaardige eerste tweetalige woordeboek.
Al die sigwoorde en spelwoorde op een plek.
Ondersteun lees- en taalvaardigheid.’ -
Help! My Kind is Anders
R290,00Original price was: R290,00.R210,00Current price is: R210,00. Buy NowHoe om van jou anderster kind ’n ‘A+’-kind te maak! Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind ‘anders’ is? Wat as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs? In Help! My kind is anders! beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout? In 30 boeiende gevallestudies vertel ouers en terapeute saam hul ware verhale van deursettingsvermoë en hoop. Sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë, arbeidsterapeute, fisioterapeute, spelterapeute en ander medici deel hul kennis, ervaring en geheime. Help! My kind is anders! is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak! Christien Neser is ’n skrywer en spraakterapeut wat al vir sowat 40 jaar in praktyk is.
-
Hoe Dinge Werk: Biologie-Eksperimente in jou Agterplaas
R80,00 Buy NowMet die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel werk, is jy op die regte plek! Die boek sluit ook ‘n vasvra in om jou kennis te toets!
-
Hoe Dinge Werk: Fisika-Eksperimente in jou Agterplaas
R80,00 Buy NowMet die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier-valskerm, sit op ’n stoel van papier, bou jou eie vuurpyl, laat brand ’n lig met ’n suurlemoen . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swaartekrag, lugweerstand, statiese elektrisiteit en chemiese reaksies, is jy op die regte plek! Die boek sluit ook ‘n vasvra in om jou kennis te toets!
-
Huisgenoot: Het Jy Geweet?
R250,00 Buy NowHet jy geweet dat sebras eintlik swart met wit strepe is? Dat die Bloukransbrug die hoogste brug in Afrika is? Of dat Tafelberg miljoene jare gelede die bodem van ’n vallei was? ’n Versameling onderwerpe uit Huisgenoot se gewilde Het jy geweet?-reeks is nou vir die eerste keer beskikbaar. Verstommende feite en infografika sal help om nuuskierige kinders te kweek en volwassenes opnuut laat besef hoe min hulle eintlik oor Suid-Afrika en die fassinerende wêreld om ons weet.
-
In Opleiding: Atleet
R110,00 Buy NowAtleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘n topatleet te wees, hoe brandveiligheid werk en hoe om te kodeer. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe!
-
In Opleiding: Brandbestryder
R110,00 Buy NowBrandbestryder in opleiding bevat inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘n topatleet te wees, hoe brandveiligheid werk en hoe om te kodeer. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe!
-
In Opleiding: Dokter
R110,00 Buy NowDokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk.







