Afrikaans
-
Die Klein Boek Van: Skrikwekkende Spoke
R50,00 Buy NowKinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor spoke, mensegewoontes en daar is selfs een wat jou kind kan leer om towertoertjies te doen. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak!
-
Die Klein Boek Van: Toweragtige Toertjies
R50,00 Buy NowKinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor spoke, mensegewoontes en daar is selfs een wat jou kind kan leer om towertoertjies te doen. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak!
-
Die Skool vir Rampspoedige Talente en Ander Gelukkige Stories
R200,00 Buy Now’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur. In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard … en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
-
Die Wilde Wêreld van Afrika
R220,00 Buy NowHoe bly gemsbokke koel in die woestyn? Waarom moet jy nooit ’n brulpadda optel nie? Watter roofdiere het die slimste jagtaktieke? Waar los wie hul dieremis? Ontdek die antwoorde tot dié vrae (en baie ander) in hierdie interessante, prettige boek vir jong natuurliefhebbers. Propvol feite, foto’s van Afrika se diverse natuurlewe (van soogdiere en voëls tot reptiele en insekte) en toets-jou-kennis-aktiwiteite. ’n Interessante, lekkerlees-boek wat die jongspan oor en oor kan geniet – by die huis of in die wildtuin.
-
Dis Mos nou Afrikaans! Graad 8-12 EAT
R310,00 Buy NowVoel Afrikaans soms vir jou soos ‘n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op ‘n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vlieënde vaandels sal slaag. Die boek is ‘n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word. Die skrywers het saam meer as 50 jaar ervaring van Afrikaans-onderrig en 11 jaar as nasieners in die NSS-eksamen.
-
Druk speel!
R280,00 Buy NowHoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse films word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.
Aspekte soos die volgende word bespreek:
- verskillende vorme van films
- kamerawerk
- redigering
- kostuums en grimering
- musiek en klank
- hoe om resensies te skryf
-
Ek Lees Self – Boekpak #2
R350,00 Buy NowIn hierdie fantastiese leesreeks vertel Wendy Maartens die klassieke dierestories in eenvoudige taal wat selfs die huiwerigste beginnerlesers kan baasraak. Titels in die boekpak: Ek lees self 7 Jakkals en Wolf vang vis Ek lees self 8 Jakkals en Wolf wil boer Ek lees self 9 Jakkals en Wolf wil trou Ek lees self 10 Jakkals en Wolf in boer se kraal Ek lees self 11 Jakkals en Wolf bou huis Ek lees self 12 Jakkals en Wolf en die klip
-
Ek wil nou nie Snaaks wees nie – en ander Skaterlagrympies
R140,00 Buy NowWat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie? kan jy die alfabet van A tot Z burp? Wat is die moeilikste vraag op aarde?
Die antwoorde op al hierdie vrae is in hierdie skreeusnaakse rympieboek uit die pen van Jaco Jacobs! Meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee!
Briljant vir Eisteddfods!







