Afrikaans

  • Weet Hoe met Wetenskap - Fantastiese Projekte vir Jong Wetenskaplikes Buy Now Quick View

    Weet Hoe met Wetenskap – Fantastiese Projekte vir Jong Wetenskaplikes

    R300,00 Buy Now

    Voltooi projekte EN verstaan die wetenskap daaragter! Verdiep jou in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde, wat in 25 lekker maklike projekte gekombineer is. Weet hoe met wetenskap sal jou leer hoe om indrukwekkende isoleerhandskoene, verstommende spaghettitorings en wonderlike outomate te maak en baie ander sensasionele aktiwiteite te doen. Eenvoudige stappe met foto’s sal jong lesers deur elke eksperiment lei. Elke projek bevat ook belangrike wenke en interessante feite oor die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde daaragter. Die boek wys ook hoe die eksperimente in die werklike wêreld toegepas word.

  • Wo(o)rdslim #1 Buy Now Quick View

    Wo(o)rdslim #1

    R140,00 Buy Now

    Prettige woordspeletjies vir kinders! Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak! Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in: • Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom temas soos diere, my land, idiome en sport. • Woordsoekblokke • Spelspeletjies • Letterblokke • Kriptogramme en ander briljante breinboelies Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp. Volledige oplossings agter in die boek.

  • Wo(o)rdslim #2 Buy Now Quick View

    Wo(o)rdslim #2

    R100,00 Buy Now

    Nog meer prettige woordspeletjies vir kinders!

    Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek!

    Na die sukses van Wo(o)rdslim bevat hierdie tweede boek 56 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

    Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Filters
Categories
Age
Search