Storieboeke (13+)

  • 'n Blonde Bom Buy Now Quick View

    ‘n Blonde Bom

    R160.00 Buy Now

    In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.

  • 'n Ou soos Jy Buy Now Quick View

    ‘n Ou soos Jy

    R220.00 Buy Now

    Emma is vasbeslote om hierdie vakansie ‘n ou te kry. Hy gaan na soutwater ruik, en haar vir eens en vir altyd kan laat vergeet van haar beste vriendin se broer, Christiaan, wat haar buitendien nie eens raaksien nie. Kort na hul aankoms by Jeffreysbaai loop sy ‘n sekere blonde branderplankryer raak en klop haar hart sommer dadelik vinniger. Emma ontdek boonop ‘n boek wat stap vir stap verduidelik hoe om ‘n ou se hart te wen en sy besluit om die uitdaging te aanvaar … Sy gaan die boek se raad volg en die beste vakansieromanse ooit hê! Wat kan verkeerd loop?

  • #PresiesAnders #3: Somerskool en Spoke Buy Now Quick View

    #PresiesAnders #3: Somerskool en Spoke

    R155.00 Buy Now

    Zoe oortuig haar tweelingsussie om na ‘n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar ‘n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna ‘n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?

  • 13 Spookstories Buy Now Quick View

    13 Spookstories

    R210.00 Buy Now

    Glo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers… en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!

  • Amper Einstein Buy Now Quick View

    Amper Einstein

    R195.00 Buy Now

    Amper Einstein is die storie van twee broers: Leonard in graad 10 en die sesjarige Micha, wat aan outisme ly. Toe Micha se outisme by sy nuwe pre-primêre skool (die soveelste een) gediagnoseer word en dit daadwerklik behandel en hanteer word, begin dinge regkom. Leonard vind dit egter wel moeilik om gefokus te bly op sy ideaal om eendag ingenieur te word. Hy is ’n slimkop en hy en sy groepie “mede-geeks” by die skool droom om die jaarlikse brugboukompetisie vir hoërskole te wen, sodat hy ’n beurs kan kry om ingenieurswese te gaan studeer. Daar is ook ’n romanse wat ontwikkel tussen Leonard en Hannelore, een van die “geeks” in sy span. Die tema van outisme en Asperger-sindroom is baie goed uitgebou. Op ’n onopsigtelike en goed geïntegreerde manier leer die leser meer daaroor, en dit bereik een van die belangrike doelwitte van hierdie tipe boek: bewusmaking van so ’n toestand en die afbreek van stereotipes en vooroordeel.

  • As ek jy was Buy Now Quick View

    As ek jy was

    R210.00 Buy Now

    Gretchen and Barbara despise each other. Gretchen lands a drama lead but faces bullying over her weight, while popular Barbara is the bully. A mysterious woman hands them wishing powder, causing chaos: Barbara lands in Gretchen’s body at health camp, and Gretchen finds herself in Barbara’s body at drama camp!. Forced into each other’s shoes, will their wishes finally come true? A fun and heartfelt tale on bullying, body image and friendship.

  • As jy DroomSale! Buy Now Quick View

    As jy Droom

    Original price was: R180.00.Current price is: R175.00. Buy Now

    Elke droom begin met ‘n dromer. Megan Werner, die stigter van die U Dream Global-inisiatief, het in 2018 besluit om saam met ‘n groep van 20 tieners vanuit verskillende agtergronde ‘n vliegtuig te bou. In Junie 2019 was die vliegtuig uiteindelik gereed en kon die 17-jarige Megan saam met vyf ander tieners die vlug van Kaapstad na Kairo aanpak.

    Hulle doel was om om kinders in ander Afrika-lande te inspireer om hul drome na te jaag. Min het die ses tieners egter geweet dat dit uiteindelik HULLE sou wees wat deur die reis geinspireer sou word. Verskeie avonture en naelbyt-oomblikke het gevolg voordat Megan-hulle uiteindelik op Kairo-lughawe geland het. Hier het hulle grootste ondersteuner, Megan se pa, die tieners ingewag. “Ons het dit gemaak!” het hy gejuig en vir Megan ‘n stywe druk gegee.

    ‘n Paar dae later het ‘n tevrede span die reis terug na Suid-Afrika aangepak. Oudergewoonte het Megan se pa en sy mede-vlieenier in hul eie vliegtuig saamgereis om ondersteuning te bied. Maar bokant Tanzanie het die droom in tragedie geeindig … As jy droom is ‘n storie van durf, deursettingsvermoe, hoop en hartseer. ‘n Avontuur met soveel adrenalien dat jy dit dalk vergesog sou noem – as dit nie die waarheid was nie …

  • Brand Buy Now Quick View

    Brand

    R255.00 Buy Now

    ‘n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog ‘n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.