Storieboeke (13+)
-
Brand
R255,00 Buy Now‘n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog ‘n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.
-
Die 13de Dag in Chengdu
R190,00 Buy NowHenk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ‘n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Almal weet bose dinge gebeur as daardie nommer betrokke is. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë sien in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes? ‘n Naelbyt-verhaal wat perfek is vir jonger tiener!
-
Die Fantastiese Verdwyning van Charlie Prins
R220,00 Buy NowPartykeer skuld die heelal jou ’n paar cool sokkies. Ethan is uit die veld geslaan toe hy een Saterdagoggend sien hoe die nuwe meisie in sy klas ’n paar sokkies steel. Sommerso helder oordag by ’n vlooimarkstalletjie. Almal by die skool wonder reeds oor die meisie wat aan die einde van die vorige kwartaal by die skool aangekom het. Haar naam is Charlie Prins. Pouses sit sy eenkant. Dit lyk of sy nie raakgesien wil word nie. In watter skool was sy voorheen? Het sy broers of susters? Is sy goed met sport of redenaars of so iets? Niemand weet enige iets van haar nie. Charlie is ’n raaisel – een wat Ethan nie kan wag om te ontsyfer nie. Maar die geheim wat sy wegsteek, is groter – en gevaarliker – as wat hy ooit sou kon raai. Met sy kenmerkende mengsel van humor en deernis vertel Jaco Jacobs in Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins die storie van iemand wat desperaat is om te verdwyn, en iemand wat nie kan help om haar raak te sien nie. Instagram-foto’s, bordspeletjie-kaartjies en ander visuele elemente maak dié warrelwind van ’n verhaal vir jong tieners ’n onvergeetlike leeservaring. Die boek is ’n verwerking van die gelyknamige draaiboek wat die skrywer in 2022 geskryf het. Die rolprent is in 2023 as deel van kykNET se Storiefilms-projek uitgesaai.
-
Die Kasteel van die Blou Draak
R240,00 Buy Now’n Vakansie in Italië by haar gunsteling tannie is presies wat Nicki nodig het, en sy is vasberade om nie toe te laat dat haar nuwe stiefsussie, Bella, dit vir haar bederf nie. Maar dit vat nie lank vir vreemde dinge om te begin gebeur nie. In ’n winkel in Venesië sien sy ’n pragtige antieke ring met ’n draaksimbool, maar word gedwing om dit te koop omdat sy dit skielik nie van haar vinger kan afkry nie.
Dan vertrek hulle almal na die beroemde Castello di Zumelle sodat haar tannie ’n vriend kan uithelp. Dis daar waar dinge regtig begin vreemd word, en Nicki bevind haarself binne-in ’n magiese Middeleeuse avontuur met tydreisende ridders, ’n wraaksugtige gravin … en die legende van die Blou Draak. Die kasteel van die blou draak is ’n heerlike tydsreisavontuur deur bekroonde skrywer Troula Goosen.
-
Die Rooikop, die Leeu en die Handgranaat
R70,00 Buy NowAdele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar ding. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of ‘n groot hand haar wereld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer ‘n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en ‘n leeu in hulle tuin ontdek …Hierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is ‘n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.
-
Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos
R200,00 Buy NowMilan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . . Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie. Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.
-
Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis
R200,00Original price was: R200,00.R180,00Current price is: R180,00. Buy NowDie Sproetebessies kry vakansiewerk op Spookkuil, ’n luukse gasteplaas in Bobbejaanskloof naby ‘n kuil waaruit daar snags ‘n grillerige mis opstyg. Eintlik moet hulle uitvind wie van die eksentrieke gaste met die eienaar se raar fossielversameling peuter. Wie is die geheimsinnige ou wat Andante by die kuil ontmoet en waarom fassineer hy haar so? En watter raaisel is opgesluit in die sterretjiesdagboek wat sy in die solder ontdek?
-
Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit
R180,00 Buy NowToe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn. Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ”n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat net niemand daaroor nie. Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe … Die boek is ‘n naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie. Nerine het saam met Alet Steenkamp talle boeke vir tieners geskryf. Die gewilde “SSS-reeks”, met titels soos Selfone, skelms en sjokolade, is ‘n voorbeeld.







