Storieboeke (13+)

  • Hui !Gaeb #2: Snak Buy Now Quick View

    Hui !Gaeb #2: Snak

    R185,00 Buy Now

    Dit is 2317. Die jong reisigers van ||Hui !Gaeb is op verskillende plekke in Chinafrika vasgevang.  Amber en Shivani wag by die Kangogrotte. Kaleb is betower deur ’n skynbestaan in sy sonstad Aksum. Shaka probeer oorleef op ’n verlate eiland en in Egipte skei Kara en Mohlomi se paaie ook. Wat beteken die magiese voorwerp wat Kara en Mohlomi by die Isisbeeld gevind het? Is dít die sleutel wat die slapende ouers sal wakker maak? Snak is ‘n spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde.

  • Iemand wat Verdrink en Ander Verhale Buy Now Quick View

    Iemand wat Verdrink en Ander Verhale

    R200,00 Buy Now

    Hierdie bundel bevat kortverhale van ’n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

  • Lottie Brooks 01: Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks Buy Now Quick View

    Lottie Brooks 01: Pynlik Patetiese Lewe van Lottie Brooks

    R215,00 Buy Now

    Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

  • Lottie Brooks 02: Verbysterende Beste-Blapse van Lottie Brooks Buy Now Quick View

    Lottie Brooks 02: Verbysterende Beste-Blapse van Lottie Brooks

    R215,00 Buy Now

    Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

  • Mieke #2: Spikkelsterre op Mtwana Buy Now Quick View

    Mieke #2: Spikkelsterre op Mtwana

    R170,00 Buy Now

    Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig ‘n nuwe blouoog het,  soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

  • Nimmermeer #2: Wondersmid Buy Now Quick View

    Nimmermeer #2: Wondersmid

    R240,00 Buy Now

    Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is ’n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim – die boosste man wat ooit gelewe het – is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.

  • Nog 13 Spookstories Buy Now Quick View

    Nog 13 Spookstories

    R240,00 Buy Now

    Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou!

  • Nova Omnibus #1 (3 in 1) Buy Now Quick View

    Nova Omnibus #1 (3 in 1)

    R280,00 Buy Now

    By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime … Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Die Begin – Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende – en gevaarlike – raaisels. Vuurdoop – Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroeër ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die hoë heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak?   Bloedbroers – Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het … Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is – en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is ’n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?

Filters
Categories
Age
Search