Prenteboeke (3+)

  • 'n Maat vir Alle Seisoene Buy Now Quick View

    ‘n Maat vir Alle Seisoene

    R160.00 Buy Now

    ’n Liriese boek oor vriendskap en vriendelikheid wat jong kinders aanmoedig om ander te aanvaar en te ondersteun.

  • 'n Plek vir Patat Buy Now Quick View

    ‘n Plek vir Patat

    R130.00 Buy Now

    Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat weet nou hulle het vriende in die dorp.

  • 'n Wens vir Wiekie Buy Now Quick View

    ‘n Wens vir Wiekie

    R130.00 Buy Now

    Wiekie woon in ‘n sirkus.
    Al is sy net ‘n welpie, begin die leeutemmer haar reeds toertjies leer.
    Wiekie se hart is seer.
    Sy wil nie soos mamma toertjies doen en in ‘n hok wees nie.
    Maama vertel vir Wiekie dat hulle van Afrika kom en gebore is om vry te wees.
    Hulle word uit die sirkus gered en na Suid – Afrika geneem.
    Daar is Wiekie vry om boom te klim en in die gras te rol.

  • Alten Akkedis met Sewe Sterte Buy Now Quick View

    Alten Akkedis met Sewe Sterte

    R190.00 Buy Now

    Alten die akkedis met sewe sterte is ‘n storie van vriendskap en avontuur. Alten, ‘n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, vind homself in ‘n tuin vol gevare. Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. Saam droom hulle van ‘n plek waar hulle veilig kan wees, weg van die bedreigings van die menslike wêreld. Ontdek hoe Alten se unieke talent hom help om die dag te red en leer meer oor die wonderlike verdedigingsmeganismes van akkedisse. ‘n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap.

  • Baas Baba Buy Now Quick View

    Baas Baba

    R60.00 Buy Now

    Vanaf die oomblik toe die baba daar aankom, is dit duidelik hy is die baas. Hy rig sy kantoor in die middel van die huis in en Ma en Pa word onmiddellik op ’n vier-en-twintig-uur-werkprogram geplaas. Vergadering na vergadering word bele – party in die middel van die nag. Baas Baba is veeleisend en puntenerig en niemand waag dit om hom tee te gaan nie. Tot op ’n dag. Hy roep ’n vergadering uit, maar sy personeel reageer nie. Hy bespied sy omgewing, staar na sy werkers en frons. Kan dit wees? Dis tyd om iets heeltemal anders te probeer … Baas Baba is ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders en ouers mal sal wees!

  • Baas Baba se Baas Buy Now Quick View

    Baas Baba se Baas

    R60.00 Buy Now

    Vanaf die oomblik toe sy babasussie daar aankom, is dit vir Baas Baba duidelik SY is nou die baas. Die personeel is in vervoering oor haar en sien hom skaars raak – maak nie saak wat hy doen, waar hy dit doen of hoe verregaande dit is nie. Toe gooi Baas Baba handdoek in. Maar gelukkig weet die nuwe baas net wat om te doen om die organisasie van ondergang te red … Baas Baba se baas volg op Baas Baba. Dis ‘n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders EN ouers mal sal wees! Moet nie die film Boss Baby misloop nie!

  • Babadierestories: Nag, Apie Buy Now Quick View

    Babadierestories: Nag, Apie

    R170.00 Buy Now

    Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is. Hierdie pragtige slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur.

  • Babadierestories: Nag, Eendjie Buy Now Quick View

    Babadierestories: Nag, Eendjie

    R170.00 Buy Now

    Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur . . . en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind – pootjies wat kan skop, veertjies wat hom warm hou wanneer hy swem en ‘n piepstemmetjie om Mamma Eend mee te roep.