Storieboeke (9+)
-
Dagboek Van ‘n Wimpy Kid #5: Die Nare Waarheid
R170,00 Buy Now‘n Nuwe skooljaar begin, en Greg weet gou hy sal by baie nuwe goed moet aanpas. Hy is sy beste vriend kwyt en sy ma het besluit sy gaan verder studeer.
Daar is ’n groot familiesaamtrek in die toekoms waarvoor hy regtig nie lus het nie – veral omdat dit met die Partytjie van die Jaar bots. Maar die dinge wat NIE verander het nie, is dalk erger: Daar is nog steeds nie sprake van ’n meisie in sy lewe nie. Daar is ook nie sprake van ’n puisie nie, en dit beteken dalk hy gaan nooit grootword nie!
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #6 – Kamerkoors
R170,00 Buy NowGreg Heffley is in groot moeilikheid in Dagboek van ’n Wimpy Kid: Kamerkoors. Skooleiendom is beskadig en hy is die hoofverdagte in die saak. Maar hy is egter onskuldig, of eintlik, redelik onskuldig.Die owerhede stel ondersoek in maar ’n frats sneeustorm tref die dorp en die Heffley-familie word binnenshuis ingeperk. Greg weet dat wanneer die storm bedaar en die sneeu smelt, sal hy die saak moet hanteer. Maar kan enige straf erger wees as om met jou familie ingehok te wees vir die vakansie? -
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #7: Drie is Een te Veel
R170,00 Buy NowDaar is liefde in die lug – maar wat beteken dit vir Greg Heffley?
’n Beplande Valentynsdagdans by die skool gooi sy lewe omver. Terwyl Greg swoeg om ’n dansmaat te vind, begin hy wonder of hy droëbek gaan bly op die groot aand. Sy beste vriend, Rowley, sit met dieselfde problem, maar dis ’n skrale troos.
Dan kry Greg ’n dansmaat danksy ’n onverwagte kinkel en Rowley bly alleen agter. Maar op een aand kan daar baie dinge gebeur, en ’n mens weet nooit watter koers die liefde gaan kies nie…
-
Dagboek Van ‘n Wimpy Kid #8 – Ongeluksvoël
R170,00 Buy NowDit gaan oes met Greg Heffley. Sy beste vriend, Rowley Jefferson, het hom verlaat, en om op sy ouderdom nuwe vriende te maak, is glad nie maklik nie. In sy soektog na voorspoed besluit Greg om te waag en sy lot aan die toeval oor te laat. Sal die dobbelsteentjies in sy guns val, of is Greg bestem om ‘n ongeluksvoel te bly?
-
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #9 – Hardepad
R170,00 Buy Now’n Lang reis per motor saam met jou gesin behoort groot pret te wees… tensy julle die Heffley’s is.Dit begin vol belofte, maar slaan spoedig die verkeerde koers in. Badkamers by vulstasies, seemeeue wat kop verloor, ’n harde stamp en ’n vark wat op die vlug slaan – nie juis Greg Heffley se idee van plesier nie. Maar selfs die goorste reis kan ’n avontuur word – en hierdie is een wat die Heffley’s nie gou gaan vergeet nie. -
Dagboek van ‘n Wimpy Kid #17: Oorvol Duk
R170,00 Buy NowIn Oorvöl Duk vind Greg Heffley uit dat die roete na roem en glorie met ’n paar uitdagings gepaard gaan. Toe hy besluit het om saam met sy tienerbroer, Rodrick, se musiekgroep, Földoek, op toer te gaan het Greg nie besef waarvoor hy homself inlaat nie. Maar hy vind vinnig uit dat die laat aande, onbetaalde gigs, gevegte tussen mekaar en geldprobleme als deel van die rock-en-rol leefstyl is. Kan Greg vir Földoek help om die legendes te word wat hulle dink hulle is? Of gaan te veel tyd saam met Rodrick se musiekgroep ’n stink tyd word?
-
Die Avonture van Speurhond Willem (3in1 Omnibus)
R270,00 Buy NowDeidre Anker se lewe raak verstrengel met die van ‘n bende van vyf seuns wat berug is vir die lewensgevaarlike en ekstreme stunts wat hulle uitvoer en video’s daarvan op youtube post. Deur haar ontstuimige verhouding met Louw, begin sy die Branderjaers se geheime ontrafel – soos die feit dat hulle Bloedskuld moet betaal deur dit uit te baklei in die Kring se arena.
Daar is ‘n prys om te betaal as jy met ‘n Branderjaer deurmekaar raak . . .
-
Die Boekwinkel Tussen die Wolke
R220,00 Buy NowWelkom by Kop In Die Wolke – Ella se gunstelingwinkel op aarde. ‘n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur. Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en ‘n klein bietjie na sweterige sokkies, as ons nou doodeerlik moet wees). En tussen die rakke wag ‘n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander … as sy dapper genoeg is. Iemand probeer seker maak dat die boekwinkel finaal sy deure sluit, maar Ella en haar vriende gaan dit nie toelaat nie, nie eens as dit lewensgevaarlik raak nie. En wie weet, dalk kry hulle hulp uit ‘n onverwagse oord – alle boekwinkels huisves mos ‘n tikkie towerkrag …







