Storieboeke (9+)
-
Zackie Mostert Omnibus #1
R240,00 Buy NowKinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad.
Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:
1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie
2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee
3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen
4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar
5. Zackie Mostert en die spokerige storie -
Zackie Mostert Omnibus #2
R240,00 Buy NowVyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!
Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!
Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of ‘n klomp meisies baie, baie vies maak – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!
Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:
* Zackie Mostert druk ‘n drie
* Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante
* Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies
* Zackie Mostert en die meisiemoles
* Zackie Mostert en die baie beroemde hond -
Zackie Mostert Omnibus #3
R240,00 Buy NowVyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Hierdie omnibus bevat:1. Zackie Mostert en die Katkrisis2. Zackie Mostert en die Vreeslike Verjaarsdag3. Zackie Mostert en die Super-stinkbom4. Zackie Mostert en die Slim Speurder5. Zackie Mostert se Groot Grapboek. -
Zombie-Sokker
R160,00 Buy NowTibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir ’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n stem wat roep: “HONGER-R-R-R”? Gaan Tibs en Elroy betyds die zombies kan keer wat dreig om die sokkerwedstryd te ontwrig?



