Books / Boeke
-
Z-A-K #3: Die Avonture Van Lionel Afrika
R190,00 Buy NowLionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.
Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie. Grol en Slom ontferm hulle oor hom en maak dit hulle missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie.
En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe!
-
Zackie Mostert #18 en die Skreeusnaakse Plan
R150,00 Buy NowMaak gereed om te ROL VAN DIE LAG! ’n Nuwe TV-kanaal vir kinders hou ’n groot talentkompetisie. Wie kan die snaaksste grappe vertel en die gehoor laat skaterlag? Die wenner kry ’n kans om op TV te verskyn! Zackie en Vincent kan nie wag om deel te neem nie. Hulle is immers briljant daarmee om grappe te vertel – en hulle gaan die snaaksste grappe op die hele planeet (of ten minste in Granaatstraat) probeer uitsnuffel! Maar Anton is vasbeslote om ook aan die kompetisie deel te neem. En hy gaan seker maak Zackie en Vincent staan nie ’n kans om te wen nie …
-
Zackie Mostert Omnibus #1
R240,00 Buy NowKinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad.
Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:
1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie
2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee
3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen
4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar
5. Zackie Mostert en die spokerige storie -
Zackie Mostert Omnibus #2
R240,00 Buy NowVyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!
Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!
Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of ‘n klomp meisies baie, baie vies maak – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!
Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:
* Zackie Mostert druk ‘n drie
* Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante
* Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies
* Zackie Mostert en die meisiemoles
* Zackie Mostert en die baie beroemde hond -
Zackie Mostert Omnibus #3
R240,00 Buy NowVyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Hierdie omnibus bevat:1. Zackie Mostert en die Katkrisis2. Zackie Mostert en die Vreeslike Verjaarsdag3. Zackie Mostert en die Super-stinkbom4. Zackie Mostert en die Slim Speurder5. Zackie Mostert se Groot Grapboek. -
Zandi se Lied
R160,00 Buy NowZandi droom van die groot blou oseaan en helderbont visse. Op ’n dag kry sy ’n spesiale geskenk, wat lei na ’n avontuur vol asemrowende onderwater-ontdekkings. Maar iets bedreig dié toweragtige wêreld … en die enigste manier om dit te beskerm is dalk versteek in stories uit die verlede.
Zandi se lied is ’n bemagtigende en inspirerende storie oor ons verbintenis met die natuur deur Zandile Ndhlovu, Suid-Afrika se eerste swart vroulike vryduik-instrukteur en die stigter
van die Black Mermaid Foundation. -
Zandi’s Song
R160,00 Buy NowThe seas are alive,
The waters are alive
From the smallest fish to the biggest whale
It is all alive
It is all alive.Zandi dreams of the big blue ocean and bright colourful fish even though she lives far away from the sea and hasn’t learnt to swim. One day the sea gives her a gift that changes everything. Zandi goes on an adventure full of amazing discoveries but something is threatening this magical world … is the key to protecting it buried in stories from the past?
An empowering and inspiring story about our connection to the natural world, following your dreams, and caring for the environment.
-
Zinzi en Saffraan #4: Katjievlinders en Ys
R140,00 Buy NowElke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig! ’n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van ’n katjievlinder te red, maar begaan ’n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.







