Afrikaans
-
Krok en Dil (Vlak 2) #10: Daar’s ‘n Koei in my Tuin
R50,00 Buy NowOm te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag – en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Vlak 2 in die gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende dubbelklanke bekend.
Die reeks het ‘n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ‘n knorrige krokodil en ‘n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
-
Krok en Dil (Vlak 3) #01: Ek is ‘n Krok!
R50,00 Buy NowKrok lees boek. Hy is nie vandag lus vir speel nie. Dil is verveeld. Wat kan hy doen? Dalk kan hy uitvind hoe dit voel om Krok te wees …
-
Krok en Dil (Vlak 3) #02: ‘n Gat in die grond
R50,00 Buy NowDil sien ‘n gat in die grond. Die gat is groot en rond! Wat sal hy en Krok daarmee doen? Sal hulle daarin bad, ‘n boom daarin plant … of salk net loer wat daarin is?
-
Krok en Dil (Vlak 3) #03: Krok op ‘n fiets
R50,00 Buy NowDie son skyn en die lug is blou. Krok en Dil wil gaan peikniek hou. Hulle gaan met Krok se fiets ry. Maar wat moet hulle alles saamvat vir die perfekte pieknie?
-
Krok en Dil (Vlak 3) #04: Net een soos jy
R50,00 Buy NowKrok en Dil ontmoet ‘n nuwe maat. Hy hou van lees, net soos Krok. Hy hou van kosmaak, net soos Krok. Hy kan vinnig ry en toertjies op sy skaatsplank doen. Gaan hy dalk Krok se nuwe beste maat word?
-
Krok en Dil (Vlak 3) #05: SuperDil!
R50,00 Buy NowSuperDil is hier!
Hy is groen en sterk en fiks.
Hy skrik vir net mooi niks.
Kan SuperDil regtig die wêreld red? -
Krok en Dil (Vlak 3) #06: Ek soek ‘n nuwe naam
R50,00 Buy NowDil soek ‘n nuwe naam.
‘n Naam wat beter by hom pas. Moet hy ‘n langer naam kies? Of ‘n snaakse naam? Of ‘n naam wat lekker klink? Krok het ‘n plan … -
Krok en Dil (Vlak 3) #07: Dokter Krok
R50,00 Buy NowDil voel ‘n bietjie siek. Hy hoes en proes. Krok sê hy moet in die bed bly. Maar Dil is nie ‘n maklike pasiënt nie … Het dokter Krok die regte medisyne om hom gesond te kry.







