Krok en Dil / Croc & Pickle

  • Krok en Dil (Vlak 3) #04: Net een soos jy Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #04: Net een soos jy

    R50,00 Buy Now

    Krok en Dil ontmoet ‘n nuwe maat. Hy hou van lees, net soos Krok. Hy hou van kosmaak, net soos Krok. Hy kan vinnig ry en toertjies op sy skaatsplank doen. Gaan hy dalk Krok se nuwe beste maat word?

  • Krok en Dil (Vlak 3) #05: SuperDil! Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #05: SuperDil!

    R50,00 Buy Now

    SuperDil is hier!

    Hy is groen en sterk en fiks.
    Hy skrik vir net mooi niks.
    Kan SuperDil regtig die wêreld red?

  • Krok en Dil (Vlak 3) #06: Ek soek 'n nuwe naam Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #06: Ek soek ‘n nuwe naam

    R50,00 Buy Now

    Dil soek ‘n nuwe naam.
    ‘n Naam wat beter by hom pas. Moet hy ‘n langer naam kies? Of ‘n snaakse naam? Of ‘n naam wat lekker klink? Krok het ‘n plan …

  • Krok en Dil (Vlak 3) #07: Dokter Krok Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #07: Dokter Krok

    R50,00 Buy Now

    Dil voel ‘n bietjie siek. Hy hoes en proes. Krok sê hy moet in die bed bly. Maar Dil is nie ‘n maklike pasiënt nie … Het dokter Krok die regte medisyne om hom gesond te kry.

  • Krok en Dil (Vlak 3) #08: Seemonster! Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #08: Seemonster!

    R50,00 Buy Now

    Dil kan nie wag nie. Vandag gaan hy en sy maats ‘n skip bou. ‘n Regte seerowerskip! En raai wie gaan die kaptein wees …

  • Krok en Dil (Vlak 3) #09: Kolle net waar jy kyk Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #09: Kolle net waar jy kyk

    R50,00 Buy Now

    Dil ontdek iets waarvan hy baie hou …
    Kolle! Kolle op sy klere, kolle op sy huis …
    Hy maak selfs ‘n winkel oop wat kolle verkoop. Kort voor lank is daar kolle net waar jy kyk! Maar kan hy Krok oorreed om ook van kolle te hou?

  • Krok en Dil (Vlak 3) #10: Ek Gaan nie Slaap nie! Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 3) #10: Ek Gaan nie Slaap nie!

    R50,00 Buy Now

    Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag – en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak!

    Vlak 3 in dié gewilde leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs gee kinders deur middel van eenvoudige woorde en kort sinne die selfvertroue om die prettige stories self baas te raak.

    Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.

  • Krok en Dil (Vlak 4) #01: 'n Nuwe Bril vir Dil Buy Now Quick View

    Krok en Dil (Vlak 4) #01: ‘n Nuwe Bril vir Dil

    R50,00 Buy Now

    Dil is moeg vir sy ou bril. Hy wil ‘n nuwe bril koop – en Krok moet om help kies. In die winkel is hope brille. Maar party is te duur en ander is te groot. Gaan hulle ooit die perfekte bril kry?

Filters
Categories
Age
Search