Shop

  • Zackie Mostert Omnibus #1 Buy Now Quick View

    Zackie Mostert Omnibus #1

    R240,00 Buy Now

    Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou kulkunsies doen, spoke jag, probeer om ’n superheld te word of ’n plan moet maak om uit die skoolkonsert te kom – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad.

    Vir die heel eerste keer verskyn vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

    1. Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie
    2. Zackie Mostert en die (Byna) Baie Briljante Idee
    3. Zackie Mostert en die super-aaklige soen
    4. Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar
    5. Zackie Mostert en die spokerige storie

  • Zackie Mostert Omnibus #2 Buy Now Quick View

    Zackie Mostert Omnibus #2

    R240,00 Buy Now

    Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!
    Granaatstraat is ‘n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!
    Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of ‘n klomp meisies baie, baie vies maak – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!
    Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:
    * Zackie Mostert druk ‘n drie
    * Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante
    * Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies
    * Zackie Mostert en die meisiemoles
    * Zackie Mostert en die baie beroemde hond

  • Zackie Mostert Omnibus #3 Buy Now Quick View

    Zackie Mostert Omnibus #3

    R240,00 Buy Now
    Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Hierdie omnibus bevat:
    1. Zackie Mostert en die Katkrisis
    2. Zackie Mostert en die Vreeslike Verjaarsdag
    3. Zackie Mostert en die Super-stinkbom
    4. Zackie Mostert en die Slim Speurder
    5. Zackie Mostert se Groot Grapboek.
  • Zandi se Lied Buy Now Quick View

    Zandi se Lied

    R160,00 Buy Now

    Zandi droom van die groot blou oseaan en helderbont visse. Op ’n dag kry sy ’n spesiale geskenk, wat lei na ’n avontuur vol asemrowende onderwater-ontdekkings. Maar iets bedreig dié toweragtige wêreld … en die enigste manier om dit te beskerm is dalk versteek in stories uit die verlede.

    Zandi se lied is ’n bemagtigende en inspirerende storie oor ons verbintenis met die natuur deur Zandile Ndhlovu, Suid-Afrika se eerste swart vroulike vryduik-instrukteur en die stigter
    van die Black Mermaid Foundation.

  • Zandi's Song Buy Now Quick View

    Zandi’s Song

    R160,00 Buy Now

    The seas are alive,
    The waters are alive
    From the smallest fish to the biggest whale
    It is all alive
    It is all alive.

    Zandi dreams of the big blue ocean and bright colourful fish even though she lives far away from the sea and hasn’t learnt to swim. One day the sea gives her a gift that changes everything. Zandi goes on an adventure full of amazing discoveries but something is threatening this magical world … is the key to protecting it buried in stories from the past?

    An empowering and inspiring story about our connection to the natural world, following your dreams, and caring for the environment.

  • Zinzi en Saffraan #4: Katjievlinders en Ys Buy Now Quick View

    Zinzi en Saffraan #4: Katjievlinders en Ys

    R140,00 Buy Now

    Elke meisie het immers ’n kat vir goeie raad nodig! ’n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van ’n katjievlinder te red, maar begaan ’n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.

  • Zinzi en Saffraan #5: Paddas en Plante Buy Now Quick View

    Zinzi en Saffraan #5: Paddas en Plante

    R140,00 Buy Now

    Zinzi en haar kat, Saffraan, red ‘n magdom magiese kreature!
    Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ‘n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ‘n kat vir goeie raad nodig! In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan ‘n besoeker, Pip, wat ‘n vreemde voorwerp het: ‘n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

  • Zinzi en Saffraan #6: Towerponies en Kieme Buy Now Quick View

    Zinzi en Saffraan #6: Towerponies en Kieme

    R150,00 Buy Now

    Zinzi en haar kat, Saffraan, red ‘n magdom magiese kreature!
    Hierdie reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ‘n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente. In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ‘n kat vir goeie raad nodig! In die sesde boek van die reeks is daar ‘n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder ‘n eenhoring-bewing? ‘n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig ‘n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

Filters
Categories
Age
Search