Fanie Viljoen
-
13 Spookstories
R210.00 Buy NowGlo jy in spoke? Is daar regtig allerlei bangmaakgoed wat in die nag rondloop? Maak dig toe die gordyne, klim in jou bed, trek die duvet styf om jou skouers… en laat die 13 stories in hierdie boek jou koue rillings gee!
-
Aksieheld Austin #1- Operasie Sabotasie
R190.00 Buy NowEwald is baie opgewonde toe hy die rol van Aksieheld Austin in ’n fliek losslaan. Maar iets is nie pluis op die filmstel nie. Dit lyk asof ’n regte skurk die rolprent probeer saboteer. As Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees …
-
Aksieheld Austin #2 – Nag van Grille
R190.00 Buy NowDie tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.
Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …
As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!
-
Aksieheld Austin #3- Onheil op Skedelbaai
R190.00 Buy NowDie derdie fliek, Onheil op skedelbaai, word op ‘n geheimsinnige eiland verfilm en dadelik begin dinge verkeerd loop. Die vliegtuig beland amper in ‘n ongeluk, iemand probeer Ewald met ‘n mes steek toe hy afswem na die skeepswrak, Sonia Blom word amper van die lighuis se trappe afgegooi – en daar is ‘n reusehaai wat in die baai rondswem. Dan is daar nog Melita – die geheimsinnige meisie wat glo die eiland is vervloek. Sy waarsku dadelik vir Ewald en Cardo dat mense wat te veel weet van wat op die eiland aangaan, sterf. Hierdie reeks is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie!
-
Aksieheld Austin #4- Doodskreet van die Dino’s
R190.00 Buy NowLIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie groot T-rex’e. Dis natuurlik nie regte dinosourusse nie. Maar hulle is wel lewensgetroue robotte. Iets gaan egter fout tydens die verfilming. Die dino’s begin soos regte T-rex’e optree. Dis slegte nuus vir die twee ouens, want hulle verloor hul pad in die oerwoud … en nou begin die dino’s hulle jag. Sal Ewald en Cardo ooit lewendig uit die oerwoud kom? Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
-
Aksieheld Austin #5 – Redding op die Rooi Planeet
R190.00 Buy NowDie opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks! Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en Lex, wat ook die gesogte rol wil hê. Teen die agtergrond van ‘n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?
-
Aktiwiteitsboek Die Klein boek van-reeks
R180.00 Buy Now’n Heerlike doen-saam-aktiwiteitsboek vir die klaskamer. Gebaseer op die eerste ses boekies van Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen. Tekste uit elk van die ses boekies word gebruik met begripsvrae, tematiese gesprekspunte, lekker pret mondeling- en skryfaktiwiteite. Die ses boekies is: Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van hipercool hondetoertjies, Die klein boek van skitterende speelgoed, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad, Die klein boek van mal modes
-
Brand
R255.00 Buy Now‘n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog ‘n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar. Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.







